JULIE 2016 NUUSBRIEF CPI REGATTA

Nardo Community Blog, Newsletter

Vrydagmiddag reeds, was daar hope aktiwiteite op die jetty soos wat bote ywerig voorberei is vir Saterdag se regatta. Dit het natuurlik gelei tot ‘n feestelike geselligheid by Tjaailatyd en Corinne en Chanté het van verligting gesug toe hulle uiteindelik die deure agter die rumoerige klomp yachties kon sluit…!

 

“Skippersmeeting” het om 10:00 plaasgevind en 8 bote het ingeskryf, nl: Carodene, Copia, Di Ark, Caz, Free Spirit, Lazy Spirit, Claudia Jane en Stabilis. Big Little het later gearriveer en het die reisies met belangstelling dopgehou.

 

Verwagte windspoed en rigting was tussen 2 en 5 knope vanuit ‘n Oostelike rigting en daarom is daar besluit om net 2 bene te seil. Die eerste been om die Daves Point buoy en die tweede been, of om Xmas, of om Walters, afhangende van die wind.

 

Die eerste been het in baie ligte wind begin en die twee Farrs het mekaar goed opgekeil. Ongelukkig vir hulle het die wind tussen die koppe weggeval en die res van die vloot het vinnig ingehaal, met Free Spirit wat kort agter die Farrs om die Daves Point merker geseil het. Die wind het Noord-Oos gedraai, en met die eerste been voltooi, was die hele vloot spoedig reg vir die tweede been. Met baie min wind, is daar besluit om die vorige korter roete te herhaal.

 

Teen hierdie tyd was die windspoed amper 0 knope, wat natuurlik die geselligheid op die bote aangehits het. Met die aanvang van die tweede been, het Di Ark besluit om versterkings in te roep en Jan en Abri van Stabilis het letterlik oorgestap Ark toe om te kyk of hulle ‘n verskil kon maak aan dié uitdagende situasie. Teen hierdie tyd was Copia, Carodene en Free Spirit al besig met die tweede been en Caz, Claudia Jane, Di Ark en Lazy Spirit was bykans twee ure later nog sterk aan die probeer om oor die wegspringstreep te kom! Sommige bote soos Caz het met baie innoverende planne te voorskyn gekom. Eers is die crew oorboord gegooi om die boot ligter te maak….. (ek vermoed hulle was aangesê om die boot oor die lyn te stoot), maar toe dit ook nie werk nie, het hulle maar die braaivleisvure aangesteek. Dit het Di Ark nader gelok, hulle het aan Caz vasgemaak, maar selfs dit kon hulle nie oor die wegspringstreep kry nie. En tussen al die spyse en dranke op dié bote, het hulle heeltemal vergeet van die resies…! Van die hele vloot, het net 3 bote die tweede been begin en voltooi.

 

Die prysuitdeling was super gesellig en die kos onverbeterlik.

Posisies was as volg:

8  Claudia Jane

7  Stabilis

6  Di Ark

5  Caz

4 Lazy Spirit

3  Free Spirit

2  Copia

1  Carodene

 

Congratulations to the winning boats! Each team received a beautiful medal and on top of that, the Carodene team received a most beautiful trophy as well. Thanks to Renier and the CPI team for all the effort to make the function a funfilled and memorable experience! We appreciate your enthusiasm – it is truly infectious and we are looking forward to next year’s CPI regatta. We further encourage all boat owners to participate in next year’s event.
prize

stoor pale

   Die eerste pale vir 16 store is geplant!

 

 After years of absence, our brand new 2016 booklet has been published, and THANKS to Renier for all his hard work and dedication. The booklet contains important information like house rules for the club, required equipment for boats, sailing instructions and bye-laws. Please verify all info and report corrections to Renier. Available to all members, please collect from the club house.INFORMATION BOOKLET

BOAT FOR SALE

Lazy Spirit is for sale.

She is a Spirit 28, designed by van der Stadt, has a 13hp Yanmar motor, full inventory available on request. This is a loveley fully functional sailing boat. R140 000 negotionable.

Contac Wim on 0825053850

 

Till next month,

Christa van der Loo