Base Plan Regatta

Monique Matthews Newsletter

September 2017

BASE PLAN REGATTA

Hierdie naweek het ons die wind gehad waarop ons nog die hele jaar gehoop het, gedroom het, gewink het en voor gefluit het! ‘n Driedubbele dosis wind!! Die regatta het afgeskop met ‘n beplanning van 3 reisiese, maar hopelik 2, aangesien die wind maar stil was vroeg die oggend.
Hier volg elke skipper se weergawe van sy ondervinding:

12de Panache
Jorrie se weergawe: crew: Benita en klein Raden
Dit was Panache se eerste wedvaart op die Gariep en ek was baie ingenome met die boot se hantering op die eerste been, totdat die “Genoa halyard” afgeskeur het en ek nie verder kon gaan nie. Die naweek was heerlik, daar het ‘n gesellige gees geheers en ek was baie beíndruk met almal se gesindheid teenoor mekaar asook die groot getal deelnemers.

11de Vlugvoet
Fanie se weergawe: crew: Johnny Rogers en Jonathan Sumerton.
Met ‘n ervare en ’n onervare bemanning het ons die eerste been baie goed geseil en alles het goed verloop. Met die tweede been het ons nie ‘n reef ingesit nie en die wind was heeltemal te sterk vir ons baie seile en toe volg ‘n meneer van ‘n broach, 360 grade in die rondte, en het rakelings vir Lazy Spirit gemis. Toe seil ons soos ‘n dronk matrose oral op die waters. “Cleat”s het oopgeskeur, “sliders” het oopgeruk en daar is die voorseil los van die mas. Einde van die reisies- terug hawe toe.

10de Lazy Spirit
Wim se weergawe: crew: Christa
Alles het goed begin maar met die 2e been het ons nie seile kleiner gemaak nie, net voortgebeur. Die volgende oomblik was Vlugvoet op ons, seile wapper en klap en hulle mis ons net-net! Verligting! Rukwinde druk ons boot in trappe van vergelyking van skuins tot heeltemal te skuins en toe “down die crew tools” , en moes die skipper handdoek ingooi. En daar wil die enjin nie samspeel nie. “Panic Stations! “ Daar bly een opsie oor: SEIL die boot hawe in tot op die mooring. Dis baie gevra….maar susesvol uitgevoer!

9de. Felicity
Danie vertel: crew: Swys, Jana, Kalfie en Melindi- almal jongelinge
Die eerste been was baie lekker en ons het gevoel ons seil goed en bly mooi by die ander bote. Die tweede been was die wind te sterk vir die jonges en wou die boot kort- kort plat met die water en die volgende oomblik toe breek ons ‘n “spreader!” Mank- mank is ons op pad Daves toe met ‘n hoofseil wat punt in die wind staan! Scarey oomblik! Einde van reisies en ons is onder motor terug hawe toe.

8ste. Genivive
Rabe se weergawe: crew: sy 2 seuns Ruben en Francois
Die eerste been het goed verloop, maar met die tweede been het ons vining besef die wind is te sterk vir my met net die jong crew. Hulle het dit nogal erg gevind en toe besluit ons om die seile te laat sak en om te draai.

7de Troika
Jan se weergawe: crew: sy kinders Janneman en die dapper Therese
Met die eerste been het dinge redelik gegaan totdat die Code zero begin los torring het in die sterk wind. Ons moes toe ‘n bietjie van die wind af gaan omdat die rigging erg begin ruk het.
In die tweede been het ons gevoel soos rock stars! Ons het tussen Daverene en Star Spirit deurgevleg en teen 15 knope op ‘n broad reach weggevlieg. Om Walter’s het ons stewig voorgeloop en wind af die voorsprong vergroot. Met tye was Troika heeltemaal buite beheer en ek kon al sien hoe ons omval! Toe ons daar omdraai het ons heeltemaal te veel seil opgehaad. My nuwe reefstelsel het die toets gedop en ons het baie tyd verloor.
Ons het besluit om te staak voordat ons meer as net ons egos knak.

6ste Fluffy
15 jarige Renier. Crew: ‘n onervare Francois en nog ‘n onervare Francois
Renier het die reisies met vol seile aangedurf en dit vreeslik geniet en in sy eie woorde: “dit was FUN ! “ Ek haal my hoed af! WELL DONE manne!

5de Caz
Renier vertel: crew: Jan, Bennie, Christie en Francois
Ons het die eerste been met vol seile aangepak en tydens die tweede been het ons teen ‘n ongelooflike spoed beweeg- baie opwindend. Met die derde been het ons ‘n “reef” ingesit, genoa kleiner gemaak, maar steeds voortgeSTOOMROLLER! BAIE opwindend!

4de Cooking
Wikus vertel: crew: Adriaan
Met die 1e been het ons goed geseil, maar een minuut in die tweede been in, het ons besef ons het te veel seile op (ek het nie my nr. 2 en nr. 3 genoa op die boot gehad nie) Ons het ook nie voor die tweede been reefs ingesit nie en nou was dit te laat. Ons het maar voortgestorm en die been ook suksesvol voltooi.
3e been: het ons sonder voorseil geseil- oor die water gevlieg; die crew het stil en bleek geword, maar vasgebyt!

3de Star Spirit
Willie. Crew: Vonda, Werner, Marius, Heidi, Carmen en Peter………………………….

Met die eerste been het die wind lekker opgetel en die reisies was redelik vining verby, vertel Vonda.
2e been: Die windspoed het aansienlik toegeneem, die wind het erger begin waai en die golwe was groot. Ek het benoud gevoel vir die kleinder bote se part, want Jan Hamer het voorgeloop met Troika wat gelyk het het of sy dans, want haar “platoons” het uit die water uit gelig!
3e been: net 5 bote het toe nog deelgeneem, maar ons het vasgebyt en alles was onder beheer.

2de Daverene
Daan se weergawe: crew: Hennie, Christa, Dorothy, Verena en Daniél.
1e been: Ons het deurgaans 9 knope wind gehad en lekker geseil met vol seile.
2e been: Ons het voor die tyd die voorseil kleiner gemaak, wind was 18 knope en ons het dit nie te erg gevind nie.
3e been: Wind was nou 22 tot 30 knope, ons het voorseil weer kleiner gemaak, hoofseil “gereef” en baie lekker geseil.

1ste New Mix
Christo vertel: Crew: Claudia
1e been: ons het vol seile opgehad, wind was lekker fris, maar ons het goed klaargemaak. Ons het so 4 knope bootspoed gemiddeld gehandhaaf.
2e been: Ons het besef die wind is besig om sterker te word en het voor die volgende been die voorseil kleiner gemaak en ‘n reef ook ingesit. Die boot het dit goed hanteer en ons het ‘n spoed van 5.2 tot 5.4 knope bootspoed gehandhaaf.
3e been: Dit was duidelik dat die wind nog sterker geword het en ons het toe ‘n vol reef ingesit en die stormeil voor opgesit. Omdat die seile klein genoeg was, het ons dit goed hanteer en met ‘n rukwind van agter af het ek op ‘n kol 7.2 knope “gesurf”! Lekker!

Saterdagaand het Base Plan ‘n heerlike ete geborg, saam met regtig oulike pryse en die saal het pragtig gelyk! Dankie vir al julle moeite! Dit gaan nie ongesiens verby nie! Dankie ook aan Daleen en jou span!

Die naweek is op ‘n hoë noot afgesluit Sondagoggend met ‘n biduur in die saal en ‘n heerlike ontbyt daarna.
Willie se dinghy het in die nag by sy mooring gesink en die dinghy is met groot gesukkel uitgesleep jetty toe. Willie het die elektiese motorjie en battery (nog onder die water) gelukkig met die eerste probeerslag weer aan die gang gekry….!

Dankie Base Plan vir uitstekende reëlings, pragtige hoede met die wapen op, great gees – julle het vreeslik moeite gedoen! Ons waardeer.
Fotos? GEEN. Dit was heeltemal te rof en te bedrywig om eers aan fotos neem te gedink het!

Nog een van ons vele opwindende naweke met baie stories om te vertel.