Julie – 2016

Nardo Newsletter

Slegte nuus is ons dam is half vol en die invloei is af na 27 cumec, maar die goeie nuus is die winter is halfpad verby. Winter is en was elke jaar tyd vir die Springbok regatta geborg deur Herman Van Shalkwyk. Dit is elke jaar `n wedren om na uit te sien en die jaar was geen uitsondering. Nege bote met hulle bemanning het die naweek aangemeld om meet te ding.

Toe ek oom Daan vroeg saterdag oggend op die slipway sien dink ek by myself daar kom die wenner –maar oom Daan het nie kom seil nie, hy het net sy boot Dahverene kom groet want hy en Verena is op- pad  Australie om vir die dogter te kuier. Veilig reis en geniet die kuier oom Daan.

En so het die hele spul stuk stuk aangekom. Soos ons nou al gewoond is, is die aankoms van die EFF van ver al gehoor maar hulle het gelukkig oornag in die natuurbewaring oord so paar kilometers van die klub af so ons is darem `n goeie nagrus gegun. Die DA het ook gearriveer sonder seremonie maar Jan het ons verseker hy was nie daar vir poletiek nie en dat sy blou baatjie `n geskenk was van sy vrou.

Net vir die van julle wat nou net besluit het om julle bote te verkoop- dit is nie die regte EFF nie maar wel die rooi span van Caz onder leiding van Renier Cronje.

Ons is vrydag oggend vroeg al by die dam gewees sodat ek al die agterstallige werk op my boot kon afhandel. Ons het die nuwe eienaars van Footloose, Blokkies en Anne Marie daar gekry al die pad van van Johannesburg waar hulle woon. Baie welkom julle –hoop om julle gereeld by die klub te sien. Ek glo dat julle sal saamstem dat Vaaldam nie vergelyk kan word met Gariep nie-die plek is darem mooi.

Het ek toe my werk op die boot afgehandel-nee, gelukkig word bote se onderhoud nooit minder/klaar nie.

Wie was daar?

Copia met Hennie en Margaret, Dorothee Velske en Rabe(spelling) as crew. Sole Surfer en familie(die Mistral kon nie al die boere in die suid Vrystaat akkomodeer nie so hulle moes tuis bly-jammer manne, en al die dames, sien julle volgende keer). Carodene was ook `n familie poging van die de Waals en so ook Corrie en sy seuns op Machette. Kaapstad, met Mauritz en Tessa het saterdag oggend `n spinnaker les van oom Hennie gekry en Jan op Troika het ons groot laat skrik toe haar mas so amper  geval het. Lyk my die poletiek en boot maste is nie maats nie(ne Renier)-dankie aan al die lede wat vir Jan gehelp het. Caz was daar en het gou `n paar keer vleis gebraai voor die skippers briefing (en daarna).

 En toe daag Herman op met die bokke – Springbokke!!!

Daar is besluit op `n lang resies-Start/Xmas/ Finish. Ligte wind is voorspel wat later versterk na so 20 knope met `n gust hier en daar van so 25 knope.

Ons het soos gewoonlik weggespring in so te se geen wind maar Free Spirit was gelukkig onder die voorste bote. Minute na die begin het Copia soos gewoonlik wind op ons verby gesteek en ons het dadelik getack en op port na die middel van die van die hoof dam beweeg. Die res van die voorlopers het teen die koppie op beweeg in ligte wind.  Net voor Walters het die voorlopers weer by ons aangesluit en ons het geseil so al wat ons kan om by te bly. Die twee Farr`s was voor in `n stryd gewikkel met Machette,Caz,Sole Surfer, Footloose en Free Spirit wat aan houdend plekke verwissel het. Ek was bly oor die bote voor ons toe ons om Xmas gaan want die water daar is maar min en ons het so in hulle voetspore gevolg en toe is dit `n beat terug na die wenstreep met Sole Surfer wat ons luff amper tot bo op Sonop eiland( jong Wessel was aan die stuur en toe ek hom die aand uitvra daarna se hy- oom my pa het gese ek moet dit doen). Ons is darem eindelik by hulle verby en het reguit op Walters af geseil en daar besluit ek toe om anders as die ander bote tussen Reniers kop en Walters deur te vaar- GROOT fout-ons het omtrent gaan stil staan en toe ons daarna weer by die res van die vloot aansluit is ons tweede laaste en ek besef daar sal nou hard geseilmoet worg om op te maak.

En toe is daar `n groot gust en ek val amper oorboord. Ek kon darem die main losmaak in die val maar terwyl ek nog op die cockpit vloer le en die boom besig is om uit die water te kom besluit Anne daar is fout en sy trek die main weer in terwyl Free Spirit deur die wind draai. Ek het nog nooit so vinnig opgetaan en seile los gemaak in my lewe nie. en daar gaan ons toe wee op `n nuwe tack sonder dat ons dit belan het.

Die res van die wedren het in goeie wind plaas gevind en terwyl my brein oortyd werk om die bote om my te uitoorle  hoor ek net Cheryl se hoeter blaas vir die bote voor my soos hulle klaar maak. Eerte Copia en die res kan julle op die website sien onder “sailing results”.  Machette, Footlose, Troika en Free Spirit was in `n stryd gewikkel on een voor die ander oor die lyn te wees. Machette was te vinnig vir ons en was voor ons oor die lyn van die agterosse. Terwyl ek op starboard mik om die wenstreep te maak kom Footloose op port en ek is baie in my skik toe ek sien sy tack en daar draai die wind en daar gaan sy en ons moet ook tack. En Troika haal ons nou so vinnig in dat ek amper moed opgee en daar draai die wind weer en Troika staan stil. Ons is oor die lyn 26 sekondes na Machette gevolg deur Footloose, Troika en Sole Surfer. Kaapstad was ver agter ons maar nadat hulle verby Walters is sien ek hulle vang vinnig op en hulle maak toe klaar so ses minute na ons. Wel gedaan

Ons is na die wedren reguit mooring toe. Met die min water het die jettie gelyk soos `n squatter kamp met al die bote wat langs mekaar vas gemaak is.

En toe hou ons `n lekker braai en Hennie Olivier gee vir ons die uitslae van die wedren wat in `n gemiddelde wind van 11 knote plaas gevind het.

Line honours het aan hom gegaan-baie geluk Hennie en crew.

Op voorgee was die uitslag as volg:

Negende was Footloose, agtste Carodene die Farr van Hennie en Crista de Waal, sewende was Troika, sesde was Copia, vyfde was Sole Surfer(Willie het besluit daar gaan te min wind wees om DiArk te seil maar dit was dalk `n fout).

In die vierde posisie was Free Spirit met Caz, een munuut voor ons, in derde plek. Machette was tweede geplaas en daai laaste boot, Kaapstad, was die algehele wenner van die Springbok regatta 2016. Baie geluk Mauritz en Tessa-julle het baie goed geseil. Herman het by die skippers briefing gese dat vir hom is die line honours als en hy was in `n mate reg maar die uitslag bevestig dat ons handicap sisteem almal `n gelyke kans gee tot sukses. Geluk aan almal.

Baie dankie aan Herman en sy hele gesin vir die borgskap en julle volgehoue ondersteuning van die klub. Sterke met daai enkel Herman.  Ook dankie aan Daleen en Wikus vir die brooitjie en slaai en die werk by ons klub. Cheryl, thank you for doing the bridge.

Who missed out

Peter we missed you and you have now got your new mast so hurry up and get back on the water. Andy Grinter, leave the horses now we haven’t seen you in a while. I know about your transport  problem but you can get a lift with me or take the Merc.(LOL).

Nielen ons het jou ook gemis en Gerrie hoe ver is die cat-julle moet gou maak die somer is oppad.

Wim en Christa waar was julle? en TEAM COKE waar is julle? and all the other skippers with yacht`s crying tears tied to their moorings-come join us next time please.

 

Ek se altyd vir Anne ek gaan haar by die huis los en sommer vir my crew optel daar by Tjaailatyd se waitresses en ek weet nou nie hoe Margaret Olivier daaraan gedink het nie, maar terwyl ons eet stel sy vir Anne en Dorothee voor dat hulle vir Hennie agter los en dan seil hulle met Copia en hulle kry vir hulle so paar aantreklike jong manne as crew. Baie ernstig vra Dorothee vir haar, MAAR WAAR GAAN ONS HULLE KRY?

Take that young studs-old toppie`s rule!!!

Daar was `n boot op die dam en as ek reg kan onthou was haar naam Hoekomnie. Eendag breek haar mooring tydens sterk wind en sy seil deur die nek en vat koers suid tot binne in die modder van die suid oewer van die hoofdam. Wikus gaan haal haar toe en maak haar op die jettie vas. Toe ons vrydag by die dam kom is die boot besig om te sink want die kiel het geskuif met die vassit. Ons maak haar toe met tou vas teen die slipway en saterdag daag die eienaar op met sy trailer. Na die boot leeg gepomp is, is sy op die trailer gelaai en huistoe gevat. Maande later kom die boot terug en na aanleiding van haar lus vir seil met of sonder `n skipper is sy herdoop na Sole Surfer. Mooi so Willie

Sien julle 16 Julie 2016 by die CPI regatta (by voorbaat dank Renier)

Groete

Heinrich