March – 2016

Nardo Newsletter

Goeie dag alle klub lede

Vrydag 18 Maart was ons vroeg by die dam vir die naweek se verrigtinge. Kort op ons hakke was Hennie en Margaret Olivier en so het die manne een vir een aangekom. Ons het soos ouder gewoonte op ons boot aand ete geniet terwyl die res gaan braai het by die klubhuis-later het ons by hulle aangesluit in die hoop dat ons koffie aangebied sou word, but no such luck.

Terug by ons boot sit Anne maar die ketel aan en die volgende oomblik hoor ons iemand skree om hulp vanaf die water. Hennie en ek spring in my dinghy en sien dat Jan Hammer en Mauritz ook oppad is na Noel Harrison se boot in `n pik donker nag.

Halfway to Noel`s boat we found him swimming, looking for their dog. We handed him a life jacket and proceeded to his yacht. His son Mathew informed us that the dinghy had flipped while boarding their yacht and that the dog was missing. They have also lost all their personal belongings and keys for their motor vehicle. Someone switched his car lights on which helped a bit as we proceeded looking for the dog.

At last we heard the dog bark on the shoreline and the search was over. Everyone was taken ashore including the upturned dinghy. Later Mathew and I went back to their yacht and by a stroke of luck found all their keys lying in the cockpit. They spent the night sleeping in the car.

Veiligheid op die water moet nie ligtelik opgeneem word nie. dankie aan almal wat gehelp het. Ek weet nie wat die hond se naam is nie maar ek noem hom sommer “Swimmer” van nou af.

Saterdag oggend het die groot oomblik aangebreek. Willie en Vonda Pretoruis se nuwe boot is gedoop tydens a baie spesiaale seremonie met vonkelwyn en baie speeches. Die boot heet nou Die Ark en lyk pragtig op die water. Sondag oggend is haar voorkoms afgerond met `n syl dak oor die centre cockpit. Dit het vyf boere net tien minute geneem toe is die job klaar.

Na `n vervroegde skippers briefing is daar begin seil.

Die eerste wedren het plaas gevind is `n gemiddeld van 4 knope wind. Hoe het ons by 4 knope uitgekom? Maklik –eers was daar niks en to is daar bietjie meer wat veroorsaak het dat die meeste van die tien bote lank na die hoeter eers oor begin lyn gekruip het. Ek was een van hulle-so drie minute laat oor die lyn. Die ou silver kop jakkels aan die stuur van Copia was losvoor met oom Daan kort op sy hakke. Sien oom Hennie het mos verlede week vir Copia uitgesleep en vir drie dae mooi glad gemaak onder die water.

By die Daves Point merk het ons gedraai na Olive en ons en Oviston het geveg om die vierde plek in wind wat nou heelwat beter gewaai het. Halfpad Olive toe sien ek Copia het so lekker knoop in die spinnaker en ek skep moed maar dit was van korte duur-oom Hennie se die halyards het om mekaar gedraai maar ek dink een van sy crew het `n foutjie gemaak. Andy no sleeping on the job man. Intussen het Wim en Christa op Lazy Spirit en Corrie op Machette nou spoed gekry en hulle haal ons in soos twee windhonde wat `n has gesien het. Die laaste been van Olive na die eindstreep was een van veranderlikke winde en ons was moeg ge tack  toe ons in vyfde plek oor die lyn gaan. Wim en Corrie kon ons gelukkig nie verbysteek nie.

Terwil ons wag vir die begin van die tweede wedren besluit ek om die working jib op te trek. Dit vat toe heeltemal te lank en daar begin ons weer 3 minute laat. Copia was weer los voor met oom Daan agterna. Cooking het ook hard probeer maar ek moet se met Wikus, Ernie en Anton aan boord dink ek julle was `n rapsie oorlaai. Free Spirit het heeltemal te min seil in die wind gehad en ons het toegekyk hoe al die bote stadig maar seker voor ons uittrek. Negende oor die lyn, en ek gooi maar iets in om te drink voor ons in die hawe in vaar.

En toe is ons almal klubhuis toe vir die prysuitdeling van die Willie Pretoruis regatta. Maar dit het nie sommer net so gou gebeur nie. Daar is eers lekker gekuier terwyl die skaap op die spit gedraai het en die manne(en later die dames ook) spykers in `n houtstomp kap. Dis blykbaar `n speletjie wat die manne speel maar ek het maar weggebly. Hulle het baie reels en as jy `n fout maak is daar `n ou wat jou laat drink of hy kap op op `n hout blok en daar skiet snuif in jou neus op. Die hout blok het so `n hak waar jy jou neus inhaak seker dat jy nie kan weghardloop nie- ek was maar ligtig vir die besigheid. En toe kom die uitslae.

Jan op Troika ( wat sy handicap wil lag hou) in die 10 de posisie met Free Spirit in negende. Jan dit werk nie so nie hoor.

Cooking met die drie groot manne in agtste en Team Coke( Werner) en Machette gesamentlik sesde.

Lazy Spirit in 4de plek klop vir Davherene in die vyfde plek

Gesamentlik tweede was Hennie, Margaret en Andrew met Copia( met die gladde boutjies) en Kaapstad met Mauritz en Tessa(wat ek verstaan die tactician is).

En die wenner is

Jan Griesel op Stabilis. Ons sien hom maar min maar as hy op die dam is is daar altyd `n verrassing te wagte. Geluk Jan.

En toe tackle ons daai skaap-en die spinasie wat die tannies vir ons saam met die uie op die vuur gebraai het in die swart pot en die lekker slaaie en brood en jam en die cup cakes(ek hoor dis kolyntjies maar cup cakes smaak lekkerder) en ons het geeet en geeet. Al te lekker.

Ek wil vir Willie en Vonda baie dankie se – dis nou al Dinsdag en mense se nou nog dankie – dis nou klaar hoor julle die mense moet ook rus kry na so `n naweek.

Ten slotte:

Caz who belongs to Peter Senn is going to a new owner. Peter, as a long standing member we hope to see you at the club as often as you can make the trip up country. You are all ways welcome and as Hennie said there will all ways be a spot on a boat for you and somewhere to sleep. Just bring your own drinks.

Renier ek hoor jy is die gelukkige man- hoop jy het jare se geluk met jou nuwe boot. Sy het spoed en ook `n handicap om daar by te pas.

Wim van der Loo se Spirit 28 is ook te koop, nou dat hy my wen- praat met hom as julle `n lekker boot soek.

Hennie de Waal dankie vir die nuwe website. Dit lyk baie mooi. www.fsyclub.co.za gaan kyk en registreer.

Corrie dit lyk my die kinders het daai IMP gou leer seil het. Geluk

Dam vlak vandag staan op 52.7 %

Heel laaste:

Jan Griesel se die klub se computer vat so lank om die uitslae te verwerk nie omdat hy `n virus het nie, hy het osmose.

Sien julle volgende maand

Cheers

Heinrich

 

 

Ps. Neil Fullaway, owner of Claudia Jane was placed 6th in the Steven endurance race at Bloemfontein Yacht club. Jonathan Guess who crewed for him last month during the Oviston marathon was in 1st place. Both sailed Hobie 16`s