CPI Regatta

Monique Matthews Newsletter

Dit was alles CPI se skuld: toe hulle die bestelling vir die naweek se weer by Weather24 moes plaas, het Renier net gesê: BOYZ, GO BIG! En toe bestel die boyz vir ons temperature wat begin het by -2 asook snerpende koue wind. Dit was so koud dat die “skippers” amper ‘n uur laat was vir die “skippers meeting”, omdat hulle moes skrop en skrop om die vasgevriesde guano van die dekke af te was.

Die damescrew van Star Spirit het heel prettig gelyk met hulle “cheer leader outfits”, maar ek het later uit betroubare bronne verneem dat dit hulle pajamabroeke was wat hulle oor hulle jeans aangetrek het om warm te word.

9 seiljagte (en 5 motorbote vir foto doeleindes) het by die wegspringpunt saamgedrom, en by gebrek aan ‘n dame op die brug, moes almal luister vir die bulderende vokale vanaf Star Spirit en Jan van Stabilis se geblaas op die mishoring om die wegspring aan te kondig Porcupine toe en terug. (Cheryl, ons MIS jou, word asseblief gou gesond! Dinge val uit mekaar uit as jy nie hier is nie – die mans ruk hande uit!

Voor in die koor om Porcupine, was Wild Thing, Star Spirit en Caz, gevolg deur Joie de Vivre, Machette en Footloose wat hulle baie goed van hulle taak gekwyt het.
Nou, om die wedvaart regtig spannend en kompeterend te maak, het Renier en sy CPI span ‘n windspoed van tussen 7 en 10 knope wind bestel tussen 10h00 tot 13h00, maar vanaf 13h01 tot 20h00 ‘n wind van 0 knope!! Ag mense, waar was julle….? Spannend!!!

Die laaste 3 bote om Porcupine (Stabilis, Lazy Spirit en Fluffy) is luidkeels aangespoor deur 4 fluitende visarende, maar al wat die ou bobbejaan op die klip kon sê, was: “boggom- boggom.”
The true hero’s of the day, were these last 3 boats. They managed to float their boats towards the finish line, with NO wind! That is truly remarkable! Their tactics included whistling for wind, laughing, chatting, eating and drinking, listening to rugby and Renier Junior and his school mates even managed to hoist their spinnaker. Movement could only be measured by spitting on the water.

Die water was glad en blink en die sonsondergang ‘n kaleidoskoop van asemrowende kleure. Jan het opgemerk dat ons baie geseënd is om eintlik in die tuin van God te kan speel en seil.

Skemertyd by die klubhuis, was dit weer: BOYZ, GO BIG!! Die reuse vreugdevure, die pragtig versierde saal, groot rangskikkings, kerslig, prentjiemooi gedekte tafels wat gekreun het onder geurige kos….dankie Daleen en jou span!! Julle het julleself oortref!

En toe kom die prysuitdeling:
Die saal was VOL rooi baadjies en ek het net gewag dat hulle gaan sing: “Pay Back The Money,” toe ek besef dit is die CPI span. Sowaar 18 crew nodig gehad om die wedvaart te probeer wen, terwyl ander soos Joie De Vivre en Machette dit “single handed “aangepak het?

      

Volledige resultate op ons webwerf- gaan loer gerus.

Die BOYZvan CPI het reuse pryse verskaf, en vir die van julle wat lekker in julle warm huise geskuil het, en die hele naweek skottelgoed gewas het en vloere geskrop het, julle gaan nooit weet met watse wonderlike persente die wenners weggestap het nie! Julle sal maar volgende jaar self hier moet wees.

Dankie CPI – dit was ‘n GO BIG RACE!!!