Sheraton Regatta

Sheraton Regatta en algemene jaarvergaderig

Van die oomblik wat die uitnodigings uitgestuur is, het ons reeds besef dat dié naweek iets baie besonders gaan wees – ‘n “driegang aansit ete en semi-formele drag,” is nie iets wat ons klubhuis gereëld beleef nie?

En dit was dan ook die “vibe” Saterdagoggend. Sommiges het luilekker rond gedrentel en orals geselsies aangeknoop, terwyl ander met ‘n spoed gearriveer het, en met kinders, koelsakke en kleresakke uit hulle motors uitgepeul het om koorsagtig te begin regmaak vir die “skippersmeeting” om 10h00.
Die ernstige seilers was baie teleurgesteld met Windfinder wat nie wind gereël het vir die regatta nie, maar een van die lede het van wind gelees in die Volksblad en het gesê ons moet positief bly….! Nodeloos om te sê, het die bote saggies- saggies oor die beginlyn in die rigting van Walters begin dryf vir ‘n rustige seiltjie.

Some took the race very serious, while others joined in just for the fun of it. The bravest of all was the solo sailor who went for a swim during the race… and WON the race! (Secret tacticts?) As expected, was Peter, by far, the first boat to round Walters, while the rest of the fleet drifted towards the finish line and were in the harbor just in time for the AGM.

Die vergadering het in ‘n gemoedelike en ontspanne gees plaasgevind en die agenda en finansieële verslag is kundig deurgedraf.

Toe die klomp skoongewastes en semi-formeles om 7 uur die klubuis binnestap, het ons mekaar skaars herken. En kyk, ‘n yachtie se semi-formeel, is eie aan ‘n yachtie! Die tafels was sprokiesmooi gedek en die trofeëtafel het gekreun. Die semi-formeles was gou gou HEELTEMAL oorboord en informeel en met luide toejuiging, aplous, flitsende kameras en baie geterg, het die trofeës een vir een base gekry. Die rumoer en musiek het tot ounag aangehou. Dankie Daleen en Wikus, die ete en bediening was onverbeterlik!

Uitslae van die Sheraton Regatta November 2016

 

Sheraton RegattaTrofees:

Sondagoggens was die tradisionele verbyvaart van bote waarmee die lede die kommadoor bedank vir sy leiding gedurende die jaar.

Trofeës uitgedeel vir 2016

 

Sheraton RegattaBaie dankie aan almal vir ‘n wonderlike, ongelukvrye en geseënde jaar!
Kom ons maak 2017 nog beter!

Yachtie groete,
Christa van der Loo

Similar Posts

  • CPI Regatta

    Dit was alles CPI se skuld: toe hulle die bestelling vir die naweek se weer by Weather24 moes plaas, het Renier net gesê: BOYZ, GO BIG! En toe bestel die boyz vir ons temperature wat begin het by -2 asook snerpende koue wind. Dit was so koud dat die “skippers” amper ‘n uur laat was…

  • February 2015

    Good day all; On the 21st Feb a race to Christmas and back was undertaken, due to high winds only three boats participated but with crews from the smaller boats that did not sail. Average wind speed was 16 knots and gusts of high 20’s were recorded. Star Spirit sailed a very good race and…

  • Man Overboard Procedure

    As soon as someone goes in, call out ?Man overboard!? and toss a cushion or buoy to provide flotation and mark the spot. Always keep a Type IV PFD at hand, ready to be thrown. Never lash it down. The skipper then assigns one crewmember to watch the person in the water and continually point…

  • March – 2016

    Goeie dag alle klub lede Vrydag 18 Maart was ons vroeg by die dam vir die naweek se verrigtinge. Kort op ons hakke was Hennie en Margaret Olivier en so het die manne een vir een aangekom. Ons het soos ouder gewoonte op ons boot aand ete geniet terwyl die res gaan braai het by…

  • Base Plan Regatta

    September 2017 Hierdie naweek het ons die wind gehad waarop ons nog die hele jaar gehoop het, gedroom het, gewink het en voor gefluit het! ‘n Driedubbele dosis wind!! Die regatta het afgeskop met ‘n beplanning van 3 reisiese, maar hopelik 2, aangesien die wind maar stil was vroeg die oggend. Hier volg elke skipper…