Grinter Slaghuis Resies: 20 Augustus 2016

Grinter Slaghuis Resies: 20 Augustus 2016

Grinter Slaghuis Resies: 20 Augustus 2016Grinter Slaghuis Resies: 20 Augustus 2016

11 Bote het deelgeneem aan die resies na Pamsbaai wat veronderstel was die Broekspruit-resies te wees. Die wind was die bepalende factor met ‘n gemiddelde windspoed van 6 knope.

 

Die laaste bote het ‘n deel van die storm uit die suidweste egter gevang wat nogal groot konsternasie veroorssak het op Felicity. Selfs Numix, nuwe boot van Christo en Claudia, moes vasbyt.

Die resies is geborg deur Andrew Grinter met vleispakke. Dankie aan Andrew vir baie lekker vleis wat ons teen Eagles se steiltes gebraai het.

Grinter Slaghuis Resies: 20 Augustus 2016Dit was ‘n onverggetlike aand onder ‘n helder maan. Die groot vuur en blink water het gesorg vir die hitte, want die luggie was koud. Die bote het met die boeg teen skuinste vasgemaak wat vir sommige ‘n moeilike afklim en opklim beteken het. Christa van Hennie wat verjaar het, was die eerste om redelik diep in die water moes staan om die Carodene aan wal vas te maak.Maak gereed! Dit was seker die eerste keer dat die drie Farr’s langs mekaar op ‘n eiland vasgemaak het. Die storm het ons op aandag gehou, maar na ‘n ligte reen het dit finaal gewyk en kon ons rustig braai en daar oornag. Wat ‘n wonderlike oggend het ons gehad met ‘n misbank na die suide. Caz en sy voltal bemanning het besluit om die land te verlaat en die laaste van die storm geseil terug hawe toe. Hulle is oortuig dit was die lekkerste seil ooit. Hulle het glo die misbank in die hawe ook gehad.

Die resies het ge-eindig tussen Eagles en ‘n boei wat deur Carodene gewen is. Geluk aan Hennie en sy bemanning.

Nuusbrief is geskryf deur Daan de Waal-baie dankie oom Daan vir jou mooi opsomming van die naweek se gebeure.

Similar Posts

  • Base Plan Regatta

    September 2017 Hierdie naweek het ons die wind gehad waarop ons nog die hele jaar gehoop het, gedroom het, gewink het en voor gefluit het! ‘n Driedubbele dosis wind!! Die regatta het afgeskop met ‘n beplanning van 3 reisiese, maar hopelik 2, aangesien die wind maar stil was vroeg die oggend. Hier volg elke skipper…

  • CPI Regatta

    Dit was alles CPI se skuld: toe hulle die bestelling vir die naweek se weer by Weather24 moes plaas, het Renier net gesê: BOYZ, GO BIG! En toe bestel die boyz vir ons temperature wat begin het by -2 asook snerpende koue wind. Dit was so koud dat die “skippers” amper ‘n uur laat was…

  • Julie – 2016

    Slegte nuus is ons dam is half vol en die invloei is af na 27 cumec, maar die goeie nuus is die winter is halfpad verby. Winter is en was elke jaar tyd vir die Springbok regatta geborg deur Herman Van Shalkwyk. Dit is elke jaar `n wedren om na uit te sien en die…

  • Sheraton Regatta en algemene jaarvergaderig

    Van die oomblik wat die uitnodigings uitgestuur is, het ons reeds besef dat dié naweek iets baie besonders gaan wees – ‘n “driegang aansit ete en semi-formele drag,” is nie iets wat ons klubhuis gereëld beleef nie? En dit was dan ook die “vibe” Saterdagoggend. Sommiges het luilekker rond gedrentel en orals geselsies aangeknoop, terwyl…

  • JULIE 2016 NUUSBRIEF CPI REGATTA

    Vrydagmiddag reeds, was daar hope aktiwiteite op die jetty soos wat bote ywerig voorberei is vir Saterdag se regatta. Dit het natuurlik gelei tot ‘n feestelike geselligheid by Tjaailatyd en Corinne en Chanté het van verligting gesug toe hulle uiteindelik die deure agter die rumoerige klomp yachties kon sluit…! “Skippersmeeting” het om 10:00 plaasgevind en…