Gariep Vasco Reunie Resies

Monique Matthews Newsletter, Resies

Nuwe resies, nuwe trofee en nuwe borge!

Net ‘n bietjie agtergrond oor hoe dié nuwe resies ontstaan het…
In 2015 het ‘n gesprek om ‘n braaivleisvuur by die klubhuis gegaan oor seil op die groot blou see en oor hoe ‘n onvergeetlike ervaring dit kan wees. Van die ouens het die wens uitgespreek dat dit vir hulle ook eendag beskore sou wees. Wim stel toe voor dat die FSYC ‘n boot huur en inskryf vir die komende Vasco resies van Durban na Port Elizabeth. En net daar word ‘n klein vlammetjie aangesteek.

‘n Paar dae later bel Willie ; hy gaan Star Spirit inskryf, hy soek crew, en daar word die vlammetjie ‘n vuur!
Star Spirit word afgesleep Oos Londen toe, Durban toe geseil met vrouens, kinders en vrywilligers, word dit toe ‘n uitstekende proeflopie. Daar wou die ‘’locals” weet of die Vrystaat dan water het om in te seil en kan Vrystaters seil?

Lang storie kort, hulle loop weg met die eerste prys in hulle klas asook die trofee vir die span met die meeste gees!!

In 2016 het Anton vir Nina ingeskryf, haar van die Kaap af opgeseil Durban toe en so het nog ‘n groep yachties van ons klub die kans gekry om ook hulle drome te bewaarheid. En weereens was dit ‘n baie suksevolle deelname en het dit beslis baie publisiteit aan FSYC gegee.

Hierdie resies en trofee is ter herdenking aan almal wat deel was van die twee Vasco’s; hulle is ook die borge en die inskrywingsfooie word aan ‘n skooltjie in die omgewing geskenk.

Windfinder het voor en nadele: die vreeslike winde wat vir Saterdag voorspel was, was heel moontlik die oorsaak vir die klein getal inskrywings. Daar was egter baie ander ander bote op die jetty, o.a. Xanadu, Big Little, Lazy Spirit, Felicity, Dancing Girl, Artemis, Just For Fun en Carodene.

Die wind was rof, maar Star Spirit was in haar element met water wat aanhoudend bo-oor die boeg gespat het soos sy deur die wit skuim gebars het. Dit was ‘n epiese geveg met Troika vir ‘n eerste plek oor die lyn! Cooking moes eers Q20 nadersleep om die geroeste “hanks” te olie sodat hulle die seile kon hys….? Troika het weereens op die water gedans en oupa (77 jaar oud) moes bontspring om die boot te balanseer. (Hoe oud is oud?)

Caz het die wind goed hanteer en die manne moes hard werk. Fluffy met Renier junior, moes eers omdraai hawe toe vir herstelwerk, maar het die resies voltooi en glo amper 100 keer ge”broach” Superster!

null

Uitslae:

1e Star Spirit
2e Troika
3e Caz
4e Cooking
5e Fluffy

Dit wil voorkom of Star Spirit een van die vinnigste tye vir “mono hull” bote opgestel het Christmas Eiland toe en terug: onder 1 en ‘n half ure!!! Well Done!!

null

Daarna was daar heerlik gekuier om die vure; Star Spirit het ‘n vark geborg wat Willie du Rand heerlik gespit het en Tjailatyd het bykosse voorsien, geborg deur die Vasco seilers en almal het geeët en gekuier asof dit die laaste dag op op aarde was! Dankie ook aan, veral Willie en Vonda, en ander Vasco dames vir al die reëlings en inisiatief. Asook hope entoesiasme!

Wat ‘n wonderlike naweek! – WEEREENS!