Oviston Marathon Race

Oviston Marathon Race – 20 Feb 2016

Ons het die Saterdag oggend lekker vroeg begin met Heinrich wat 6h40 weggespring het met,ek skat,

9 knope wind of selfsmeer. In totaal was ons 11 bote wat uitstekend is vir so n lang resies.

Elke boot het sy eie weg spring tyd geneem as ook wanneer hy by die toring sou verby gaan.

Die bote het as volgweggespring :Heinrich , Neil , Corrie,Mauritz, Copia, Felicity, Troika, Cooking,

Fluffy ,Carodene , Daan de Waal . Natuurlik was Fluffy se menselaat , en toe hulle in die nekkie is, vrek

Hulle buite boordenjin.  Hulle dryf toe na die rotse waar Carodene vir hulle te hulp snel en uit die moeilikheid trek.  Daar was natuurlik meer mense en eet en drink goed op die boot as wat daar spasie op die boot is.

Almal het goed gestart , met n Noordweste wind wat gemiddeld 7 knope was.

Fluffy het al hulle seile opgesit ; Cooking het weer begin met sy spinnekar en geëindig daarmee. Natuurlik was Coco,  Ernie se hond wat saam geseil het,  die nugterste op die boot –  sy base het “dog overboard” bespreek ( ek dink dit moes anders omgewees het.).

Natuurlik het n paar seilers gesorg vir groot op winding waar Heinrich vasgesit het op die suide punt van Fanieseiland .Danie met Felicity het n paar harde stampe op sy kiel gehad . Op Troika het Jan sy center bord en rudders gelig en mooi deur geseil deur Muddplein .Onsander het maar boom gegaan en self n bietjie fyn gesny met twee Farrs amper in mekaar in.

Die wind het baie bote gelos voor Oviston en so het die agterpunt van die vloot eers heelwat later bygekom. Na so lang reseies het ek en my pa met die twee Farrs vyfsekondes na mekaar klaar gemaak. Wat n awesome resies!

Met die terugseil het die wind lekker opgetel met later n baie,  sterk suidewind. Arme Danie het groot geskrik en was bly toe ons en my pa – hulle anker gegooi het in FuffyBaai.  Ons het lekker gebraai op die bote en baie whisky gedrink. Die drie bote het veilig die nag op hulle ankers geslaap .

Vroeg die volgende oggend,met n lekker suid-ooster, het ons sommer vining geseil tot by die hawe.

Ons  line honours vir die dag was Cooking ,  en Jan met Troika as die handicap – wenner . Baie geluk aan die bote maar ook aan elke een wat die naweek meer gemaak het .Julle was ysters!

Groete
Hennie de Waal
Lekkerseil

Similar Posts

  • JULIE 2016 NUUSBRIEF CPI REGATTA

    Vrydagmiddag reeds, was daar hope aktiwiteite op die jetty soos wat bote ywerig voorberei is vir Saterdag se regatta. Dit het natuurlik gelei tot ‘n feestelike geselligheid by Tjaailatyd en Corinne en Chanté het van verligting gesug toe hulle uiteindelik die deure agter die rumoerige klomp yachties kon sluit…! “Skippersmeeting” het om 10:00 plaasgevind en…

  • March – 2016

    Goeie dag alle klub lede Vrydag 18 Maart was ons vroeg by die dam vir die naweek se verrigtinge. Kort op ons hakke was Hennie en Margaret Olivier en so het die manne een vir een aangekom. Ons het soos ouder gewoonte op ons boot aand ete geniet terwyl die res gaan braai het by…

  • February 2015

    Good day all; On the 21st Feb a race to Christmas and back was undertaken, due to high winds only three boats participated but with crews from the smaller boats that did not sail. Average wind speed was 16 knots and gusts of high 20’s were recorded. Star Spirit sailed a very good race and…

  • CPI Regatta

    Dit was alles CPI se skuld: toe hulle die bestelling vir die naweek se weer by Weather24 moes plaas, het Renier net gesê: BOYZ, GO BIG! En toe bestel die boyz vir ons temperature wat begin het by -2 asook snerpende koue wind. Dit was so koud dat die “skippers” amper ‘n uur laat was…

  • Man Overboard Procedure

    As soon as someone goes in, call out ?Man overboard!? and toss a cushion or buoy to provide flotation and mark the spot. Always keep a Type IV PFD at hand, ready to be thrown. Never lash it down. The skipper then assigns one crewmember to watch the person in the water and continually point…